Na Jakkals en Leo se groot nasionale en internasionale sukses is Jakkie Louw is terug met ‘n splinternuwe, loslit duet vertoning naamlik DIE BLOU SHOW.
Hy het sy vriend Riaan Van Rensburg (van Noot vir Noot Faam) gekry om saammet hom hierdie bol energie van ‘n konsert te doen. Die konsep is eenvouding: As Afrikaans so kleurvolle taal is, hoekom het ons dan so baie liedjies met die woord Blou in… Hierdie konsert vat jou op ‘n kleurvolle reis van Rooiwillie, Geelperske reen, Dis ‘n land van kleure en klank tot die wit en swart klanke van Drie Pikkewyne.

As jy hou van ‘n energieke konsert vol akoestsiese kitare en amper bonatuurlike goeie dromspel is hierdie show vir jou fees. Komedie is koning blou!

Dis snaaks, energiek en lekker skerp en sal die blou bliksemstrale op jou laat afkom soos jy sal saamsing.

Jakkie daag vir Riaan uit vir ‘n lekker dromsolo en Riaan daag dan vir Jakkie uit vir ‘n solo dans vertoning?????. Hierdie is die lekkerste, vriendelikste en beste show van die jaar. Is jy moeg van blou wees? Kom vang die show vol gees!

JAKKIE LOUW SE BLOU SHOW met Riaan Van Rensburg!