GESKIEDENIS/ SY STORIE

Heinz Winckler is die eerste wenner van Suid-Afrika se “Idols” kompetisie wat in 2002 plaasgevind het. Sedertien het hy ‘n enkelsnit CD uitgebring wat dubbel platinum status behaal het, asook 3 treffer belaaide Engelse studio albums en’n “live” DVD, Chasing Shadows op die klankbaan van die Disney rolprent “Treasure Planet” gesing , vierde gekom in die World Idols kompetisie (Will Young geklop), en hy’s genomineer vir 3 South African Music Awards. Hy is 2003 gekies vir Cosmopolitan se “Sexy Man” kalender en hy het al by People Magazine se Crystal Awards weggestap met die “Best Male Personality”, “Hottest Hunk” en “Hottest Artist” toekennings.
Sy treffer “Only For You” van sy tweede album, “Come Alive” was in 2005 die 20ste mees gespeelde lied op Suid-Afrikaanse radio.
Heinz is vandag welbekend in Suid-Afrika en het al talle vertonings gedoen regoor Suider-Afrika wat insluit dat hy saam met Westlife in April 2005 getoer het, en later daardie selfde jaar vir Christina Aguilera en Diana Ross geopen het. Hy het al verskyn op Egoli, 7de Laan en Villa Rosa, en was al ‘n gas op amper elke plaaslike gesels- en glans program soos Kwela, 3 Talk en Rian.

INLEIDING:

Hy word deur sommige die beste manlike pop sanger in die land genoem, en het ‘n sterk verhoog-teenwoordigheid en ‘n vermaaklike verhoog-persoonlikheid wat daarmee saamgaan. Heinz het onlangs sy 6de ateljee album vrygestel. Die nuwe album, getiteld “Jy’s Bonatuurlik” is sy 3de hoofsaaklik Afrikaanse album, en sy aanhangers is gaande daaroor! Die album se eerste enkelsnit is “Vat My Hand” en is bekendgestel met ‘n pragtige video. Sy Engelse enkelsnit, “Who You Really Are” is ook vrygestel. Die liedjie wat lyk of dit mense se harte die meeste aanroer, is die kragtige “100 000 Gebede”, ‘n liedjie wat Heinz vir Suid-Afrika geskryf het.

JONGSTE:

In Mei/Junie 2013 het hy die karakter van Jesus vertolk in Afrikaanse Musiekblyspel: “Jesus Die Musiekblyspel” wat afgespeel het in die Pretoria Staatsteater. “Dit is ‘n oorweldigende en moeilike taak, maar ek voel bevoorreg om die kans te kry om die storie der stories te help vertel”, was Heinz se kommentaar.

FAMILIE:

Heinz is getroud met die pragtige voorkomskonsultant, Alette-Johanni Winckler en hulle is die trotse ouers van Lian Theo Winckler, wat op 23 Mei 2010, gebore is, en Simeon Carl Winckler wat op 20 April 2012 gebore is. Hulle verwag ook nog ‘n Seuntjie en is baie opgewonde hieroor.