Pad Aanwysings

GPS Koördinate

latitude -25.782064 longitude 27.299776

Van Pretoria: N4 snelweg na Rustenburg

Neem die “KROONDAL / Buffelspoort” afrit.
Draai LINKS by die T-aansluiting. Ry 500m tot by stopstraat.
Kruis stopstraat en ry nog 2.2km tot by ‘Kroondal Trading Store’, draai REGS, Modderfontein – (daar is nie ‘n bord nie).
Ry 5km tot by T-aansluiting. (Lang reguit pad met berg reg voor)
Draai REGS (Rexpad). Ry 2.2 km, Tarentaal bord aan Linkerkant (Berg se kant)

Van Johannesburgpad (Magaliesburg – Rustenburg)

Van Magaliesburg af, ry oor Olifantsnekdam, draai regs by Oorsak pad. (Oorsaak/Rexpad)
(net verby Woza Woza winkel en slaghuis)
Ry presies 2.5 km. Tarentaal teater bord is regs (aan berg se kant)

Van Rustenburg - Johannesburgpad

Ry verby die Mall (Magaliesburg se rigting)
Gaan oor die laaste robot. Kruis die Arnoldistad kruising (3 rigting).
Kruis die Dinie Estates kruising (3 rigting).
Die volgende kruising (3 rigting) is die Oorsaak pad / ou Rexpad. (Bord wys Oorsak)
Draai LINKS by die kruising (Woza woza skuins oorkant)
Ry presies 2.5 km, Tarentaal bord aan regterkant (Berg se kant)
Dit is net very die Bietjieberg gasteplaas se bord.