Loading Events

Kom geniet ‘n heerlike “Franse” aand met Franse musiek en Franse kos!

Ons vier die val van die Bastille tydens die Franse Revolusie!

Tooi jou dus op in tradisionele Franse klere en kom kuier saam met ons by ‘n straatkafeetjie in Parys!

Ruik die heerlike Franse brood met romantiese Franse musiek in die agtergrond deur

Helena Hettema!.

HELENA BRING OU LIEDJIES EN VARS KLANKE NA DIE TARENTAAL

 Bekroonde kabaretkunstenaar en Laureaathouer, Helena Hettema is weer by Die Tarentaal in Rustenburg  met nuwe oorspronklike musiek, uit haar nuwe CD  sowel as onvergeetlike romantiese gunstelinge uit haar dubbel CD “The Spirit of Piaf and Other French Legends”.

In hierdie diverse program neem Hettema,  wat onder die land se tien top Divas deur KykNet kykers gestem is, sowel as wenner van die SABC Geraastoekenning, Beste Vroulike Kunstenaar, haar gehoor op ‘n kontinentale reis en terug huistoe.

Onder die nuwe liedjies wat sy sing is die titelsnit “Rooiwynliefde”, “In die Hoëveld”, “Quasi Blu”, “Die trein het jou kom haal”, “Diep Rivier” en “Katrina”.

Gunsteling Franse musiek soos Piafnommers  wat Helena al met die Kaapstadse Simfonie-orkes en landwyd opgevoer het, sowel as ander geliefde musiek word in Frans en / Engels aangebied. Onder hulle is beroemdes soos Jacques Brel, Charles Aznavour, en Frida Boccara asook Paolo Conte.

Die Pers het van haar as volg geskryf:

“Hettema se stem bekoor…(haar) stem het gegroei en nou doen dit die intensiteit van Piaf se tydlose liedjies gestand  …haar stem skitter …luistergenot uit die boonste rake…” – Mariana Malan – Die Burger – Klankboks – 22 Junie 2007.

“Sy beskik oor die perfekte timbre in haar vertolkings …puik produksie …met ‘n  wereldklas interpretasie en meevoerende vertolking …wat stem, siel en tegniek in luisterryke kuns verwerk. – CJ the DJ – Vrouekeur – 9 Nov. 2007

“Sy sny dieper as die vel” – Beeld – Martjie Roos

“Haar vertolkings van Piaf is al  legendaries” – Dirk Jordaan – Rooi Rose

“Hettema het werklik ‘n unieke stem  een van die min Afrikaanse albums (Divided Heart) wat local musiek vorentoe vat” – Wikus du Toit – Rapport Tydskrif

www.helenahettema.com

 

 

Tickets

118 available
Kaartjie met kosR220.00Helena Hettema - 6 Julie 2018

Please fill in all required fields