Loading Events
  • This event has passed.

SES SNARE by DIE TARENTAAL TEATER

Die bekende groep Ses Snare laat gehore steeds brul soos beeste van lekkerkry! Die suksesresep waarmee hulle die afgelope drie jaar gehore regoor die land laat voete stamp het, het nie verander nie – die manne speel ‘n kombinasie van bekende treffers asook vuurwarm oorspronklike musiek, meesal deur die lede self gekomponeer. Gehore kan ook ‘n paar verrassings te wagte wees.

Tydens ‘n onlangse oefenkamp, genaamd “Kamp Staalsnaar”, het die manne nege nuwe liedjies ingestudeer. Daaronder is Somebody to love van Queen, Seven Bridges Road van The Eagles, Rocket man van Elton John, Ring of Fire van Johnny Cash, San Francisco Bay Blues van Eric Clapton en ‘n interessante verwerking van Bob Marley se Is this Love.

Die program bevat ook treffers van oa The Travelling Wilbury’s, Leonard Cohen, Albert Hammond, daar is ‘n liedjie om hulde te bring aan Lucas Maree, en natuurlik glip Dire Straits ook weer by die agterdeur in.

Tickets

100 available
KaartjieR160.00Ses Snare - 26 Julie 2018

Please fill in all required fields