Loading Events

Touch of Class het geen bekendstelling nodig nie!

 

“Ruhan du Toit het al die kwaleteite vir die wye verskeidenheid musiek van Touch of Class.” vertel Deon van de Merwe, die ander helfte van dié besonderse musiekgroep.

Onder hulle bekende CD’s is Koffiefontein   ‘n kraakvars album met ‘n pop- en partytjie-aanslag wat onder andere op die dansmark gerig is. “Met die keuse van die liedjies het ons probeer om op die Touch of Class-resep voort te bou: van iets nuuts tot iets bekends,” vertel Van der Merwe.

Die album skop af met die blink radiotreffer, My prinses, wat Du Toit se kenmerkende rasperstem in al sy glorie ten toon stel. Touch of Class het die jong sanger-liedjieskrywer Arri Opperman gevra om spesiaal liedjies vir die album te skryf en My prinses is een van die jaar se goue treffers. “Dit was belangrik dat die liedjies ‘n positiewe tema het en ‘n opgewekte ritmiese aanslag.”

Op Koffiefontein is daar ‘n duet met Bernice Borman, Vir ewig en altyd; die verruklike Langpad en selfs ‘n Neil Diamond-keurspel. Die liedjies wissel van oorspronklike pop tot country en immergroen liedjies soos Brown Eyed Girl, Hotel California, Piano Man en Zorba the Greek tot en met Jak de Priester se Roer jou voete.

Van der Merwe wie se kitaarvernuf die album van begin tot einde laat knetter, sê hulle het doelbewus wegbeweeg van die bekende Touch of Class-resep. “Dit is ‘n meer volwasse populêre musiek-benadering, wat meer by die Bobby van Jaarsveld- en Steve Hofmeyr-genre inpas. Ons kon dit doen aangesien Ruhan se kwaliteit stem hom daartoe leen. Hier en daar het ‘n liedjie ook ‘n boeremusiek-kleur. Ons wil graag hê dat mense van ‘n braaivleis tot sokkie hierdie album kan geniet.”

Beide Deon en Ruhan woon in Pretoria waar hulle voltyds musiek maak en ook deur die Touch of Class-musiekateljee betrokke is by die verwerking en vervaardiging van ander kunstenaars se produksies. Deon geniet motorsport in sy vrye tyd, terwyl Ruhan graag gaan visvang en van aksiekrieket hou.

Koffiefontein is wel die tweede hoofstuk in Touch of Class se reeds klinkende suksesverhaal. Tog is dit so ‘n luistervriendelike popalbum dat dit oud en jonk met sy klankjuweeltjies gaan oorrompel.

Verder het hulle ook die produksie Salueer die Legends vrygestel met onder andere, die musiek van Neil Diamond, Chuck Berry, die Beatles, Gé Korseten, Elvis Presley en vele ander gewilde en bekende kunstenaars.

 

The Sound of Silence Touch of Class

Tickets

85 available
KaartjieR150.00Touch of Class - 5 September (Geen ete)

Please fill in all required fields

85 available
Kaartjie met eteR230.00Touch of Class - 5 September 2018 (Met ete)

Please fill in all required fields