Loading Events

NUUSVRYSTELLING

Skakelpersoon:      Giep van Zyl

E-posadres:             giep@artslink.co.za

Selnr:                         0832682570

EMBARGO:               ONMIDDELIK

WIE’S JOU PAPPA?

Onderskrif: Met klein voetjies kom groot skoene

Kunstenaar: Hannes Brümmer

Genre: Komedie/Skerpskerts

Hannes Brümmer is ‘n ou bekende op die verhoog en televisie. Hy was onder andere onlangs op kykNET te sien in Elke Skewe Pot, in die fliek Vuil Wasgoed asook in die pantomime Doringrosie wat twee maande lank by Emperor’s Palace te sien was. Hannes was oor die jare in ‘n verskeidenheid verhoogrolle te sien by al die groot kunstefeeste en is ‘n gerekende improvisasiekomediant wat landwyd optree. Sy mees onlangse sukses was saam met Casper de Vries en Schalk Bezuidenhout in die skreeusnaakse 3-in-1, ‘n improvisasiekomedie (Stand-up komedie) wat die land vol getoer het.

Hannes het as skrywer al meegedoen aan vele komedies en pantomimes, en met Wie’s jou Pappa het hy vir ‘n slag iets vir homself geskryf. Hy het sowat drie jaar gelede vir die eerste keer pa geword, en die skreeusnaakse Wie’s jou Pappa is as’t ware ‘n uurlange dagboek van sy wedervaringe as die pappa van ‘n dogtertjie.

Met die getrippel van klein voetjies kom reuse groot skoene om te vul en in Wie’s jou Pappa ondersoek Hannes die impak van ouerskap op ’n voormalige punk in plakkies, wat nou ’n tuisbly pappa in pantoffels is. Met ’n siniese blik en sy tong ferm in die kies word daar nie doekies omgedraai oor die vrese, vreugdes en verantwoordelikhede van pa-wees nie.

Die aanvang van ’n nuwe lewe bring ’n magdom onbekendes, reuke en klankies, maar uiteindelik ’n liefde soos geen ander. Die hele proses van die bytjies en die blommetjies, deur die las van slaapontneming en kompetisie met ander ouers tot en met die eerste tekens van emosionele manipulasie word aangepak met Hannes Brümmer se kenmerkende energieke, fisieke, blits-lewering van skaterlag staaltjies, waarnemings en mites rondom ouerskap.

 

SOSIALE MEDIA:
Hannes Brümmer Amptelike Facebook Blad: https://web.facebook.com/pg/maaskaasofficial
Hannes Brümmer Twitter: @Maaskaas
Hannes Brümmer Instagram: @Maaskaas242

Tickets

130 available
KaartjieR120.00Wie is jou pappa? Hannes Brümmer - 10 Mei 2018

Please fill in all required fields

130 available
Kaartjie met eteR180.00Wie is jou pappa? Hannes Brümmer - 10 Mei 2018

Please fill in all required fields